0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R500 - R1,000 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments

Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
bundle available
R703 Discovery Miles 7 030 Ships in 10 - 15 working days

Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.

Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
bundle available
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R260 R219 Discovery Miles 2 190 Save R41 (16%) In Stock

In Eiland in die son​ begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie.

Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . .

In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Ena Murray Omnibus 40 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Omnibus 40 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R719 Discovery Miles 7 190 Ships in 10 - 15 working days

Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twéé dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie . . .

Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R719 Discovery Miles 7 190 Ships in 10 - 15 working days

In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? En in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek die maatskaplike werker Lisbe Erwee 'n nuwe geval in Keerboomstraat en word onvermydelik in die wag-'n-bietjiebos van die lewe vasgevang.

Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
bundle available
R688 Discovery Miles 6 880 Ships in 10 - 15 working days

In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp.

In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou?

En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .

Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R684 Discovery Miles 6 840 Ships in 10 - 15 working days

In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ... En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.

Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback): Ena... Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
bundle available
R687 Discovery Miles 6 870 Ships in 10 - 15 working days

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!

In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie.

En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bibby's - More Good Food
Dianne Bibby Hardcover R480 R340 Discovery Miles 3 400
Tommy EDC Spray for Men (30ml…
R479 Discovery Miles 4 790
Home Classix Placemats - The Tropics…
R59 R51 Discovery Miles 510
Batteries Alkaline Size:C - 2 Pieces Per…
R99 Discovery Miles 990
Tower Sign - Beware Of The Dog…
R60 R46 Discovery Miles 460
Be Safe Paramedical Latex Examination…
R6 Discovery Miles 60
Brother LX27NT Portable Free Arm Sewing…
R3,999 R2,999 Discovery Miles 29 990
Mosquito Killer (White)
R299 R65 Discovery Miles 650
MyNotes A5 Rainbow Bands Notebook
Paperback R50 R42 Discovery Miles 420
Queen Of Me
Shania Twain CD R173 Discovery Miles 1 730

 

Partners